top of page
DP808863.jpg

Aanwysings

Vertrou hierdie eerder as die GPS:

Vanuit Pretoria: 

  1. Neem die N1-noord vir 'n geruime tydjie, en neem die Nylstroom (Modimolle) afrit. Op die N1 ry jy deur drie tolhekke: Petroport, Carousel, en by die derde tolhek (Kranskop), hou in die linkerkantste baan vir die Nylstroom-afrit. 
     

  2. Ry reguit deur Nylstroom en Vaalwater. 
     

  3. Na Vaalwater, ry vir 100km reguit aan (moet nie skrik vir die kronkels nie - dit is deel van die 'reguit') en draai dan links op ‘n pad gemerk “Kuipersbult”.
     

  4. Hou op die pad vir 25km, waarna die pad doodloop by n T-aansluit by Medupi kragsentrale. Draai hier links.
     

  5. Ry verby Medupi. Na 35km sal jy deur Steenbokpan ry (dis maklik om te mis - net 'n stopstraat, 'n petrolstasie en 'n kroeg).
     

  6. Hou aan met dieselfde teerpad vir nog 10km na Steenbokpan (pasop - hier is potholes!), tot by 'n groot wit trekkerband en 'n bordjie wat sê "Oxford" aan die regterkant.
     

  7. Draai hier regs op die grondpad. Na 15.3 km draai links voor die swart hek.
     

  8. Na 19.1 km sal jy deur 'n ingang sonder 'n hek ry. Hou links en volg die pad vir nog 8 km tot dit eindig by 'n T-aansluiting. 
     

  9. Draai links. Die ingang na Tweerivier gaan aan jou regterkant wees aan einde van die paaltjie heining.
     

  10. Gaan in by die hek wat groot "Tweerivier" gemerk is. Hiervandaan sal iemand jou groet en verder verduidelik afhangend van waar jy bly. 

DP821494_edited.jpg

Stopplek:

Daar is beter en slegter padstalle op pad en ons het elkeen al op die proef gestel. Hiermee 'n uiteensetting: 

  • Petroport: (nie eintlik al op pad nie)
    Die heel naaste een, basies in Pretoria, so as jy nou al stop gaan dit 'n lang pad wees. Nie 'n slegte stop wat snacks betref nie - die Vida se toasties is top-gehalte en 'n goeie ou Spur op die pad huis toe was nog nooit 'n slegte idee nie. Dit is hier.

  • Nylstroom:
    Nie veel om oor huis toe te skryf nie. As jy regtig 'n dringende behoefte aan brandstof of 'n badkamer het - die Wimpy (hier) is die minste dodge, en naby aan die Sasol (hier).

  • Vaalwater (halfpad):
    Waar die pret begin en die petrolstasies eindig. Maak hier vol. Hier is twee oulike koffiewinkels, albei in dieselfde Spar-sentrum. Die Spar is ook die laaste en beste kruidenierswinkel tot jou beskikking, en heel skaflik.
    -- Seringa Cafe het die beste spyskaart en heerlike sitplek onder die bome, maar hulle diens is redelik langsaam (as jou ontspanningsvlakke al hoog genoeg is - gaan vir hierdie outjie). 
    -- Carla's Bakery het die beste koffie en perfek vir 'n gryp-en-gaan gebakte dingetjie. Hulle brownies en broodrolletjies is hoogsaanbeveel. 

  • Steenbokpan(30 min oor): 
    Tegnies die naaste dorpie, maar net duskant Putsonderwater op die klein-lys. Daar is 'n "pub&grill" waar 'n outentieke, dog onafgeronde bosveld-ervaring aan die orde van die dag is. As jy lus is vir 'n T-bone of basket terwyl jy lekker snoeker speel, trek gerus hier af. Daar is tegnies ook 'n vulstasie in Steenbokpan, maar met die dat almal op 'n vakansiedag gaan aankom sou ons nie staatmaak daarop nie.

Having a Coke with You

Frank O’Hara 

is even more fun than going to San Sebastian, Irún, Hendaye, Biarritz, Bayonne
or being sick to my stomach on the Travesera de Gracia in Barcelona
partly because in your orange shirt you look like a better happier St. Sebastian
partly because of my love for you, partly because of your love for yoghurt
partly because of the fluorescent orange tulips around the birches
partly because of the secrecy our smiles take on before people and statuary
it is hard to believe when I’m with you that there can be anything as still
as solemn as unpleasantly definitive as statuary when right in front of it
in the warm New York 4 o’clock light we are drifting back and forth
between each other like a tree breathing through its spectacles

and the portrait show seems to have no faces in it at all, just paint
you suddenly wonder why in the world anyone ever did them
                                                                                                              I look
at you and I would rather look at you than all the portraits in the world
except possibly for the Polish Rider occasionally and anyway it’s in the Frick
which thank heavens you haven’t gone to yet so we can go together for the first time
and the fact that you move so beautifully more or less takes care of Futurism
just as at home I never think of the Nude Descending a Staircase or
at a rehearsal a single drawing of Leonardo or Michelangelo that used to wow me
and what good does all the research of the Impressionists do them
when they never got the right person to stand near the tree when the sun sank
or for that matter Marino Marini when he didn’t pick the rider as carefully
as the horse
                               it seems they were all cheated of some marvelous experience
which is not going to go wasted on me which is why I’m telling you about it

bottom of page